Kategorië

  • sample-2

OranziPop is die produk van 'n venootskap tussen Roelien de Klerk (Roelien de Klerk Juwele) en
Elmarie Burger (EllieB Juwele).  Die twee juweliers het elk meer as tien jaar ondervinding in die juweliersbedryf.
OranziPop is geleë aan die oewer van die Oranje.
Dit is hier waar die kreatiewiteit gestalte kry in unieke juwelierskuns.

Daar is soveel wat die twee juweliers kan vermag met goud en silwer dat hulle albei reeds landwyd bekend is.
Van hulle skeppings het ook reeds die oorseese mark berreik.

Kontak gerus die werkswinkel vir enige spesiale versoek
 E-pos: ontvangs@oraniajuwele.co.za
Tel: 053 207 0282
Faks: 086 565 9143
Goudsmede: Roelien de Klerk en Elmarie Burger
Administrasie: Janet Naude

PayPal